Pieter Van Zyl – Voorsitter

Hy wil homself daarvoor bearbei om n verkil te maak ten bate van die skool in geheel, om te sorg dat ons kinders ten volle voorbereid sal wees vir hul pad vorentoe asook om die ouers by te staan en te sorg dat ons as ouers en beheerliggaam die skool en sy personeel  sal ondersteun. Onder sy leiding weet ons dat Senties na nuwe hoogtes gelei sal word, wat van ons dié vooraanstaande skool in ons streek sal maak.

Albert Geldenhuys – Ondervoorsitter

Hy glo, dat met wysheid van Bo, die skoolhoof en onderwysers bemagtig en ondersteun kan word om so ons kinders die beste te kan voorberei vir die toekoms.

Pieter Naude

Sy visie vir die skool se toekoms is om te help bou, skep en uitbrei aan ‘n skool van uitnementheid en die daarstelling van ‘n platvorm om te verseker dat huidige en toekomstige leerlinge volhoubare Afrikaanse moedertaal-onderrig sal kan ontvang in ‘n huislike, liefdevolle, plattelandse omgewing met Christelike normes en waardes.

Maderie Le Roux

My Visie vir Sentraal is om in ongekende en uitdagende tye ‘n gelukkige, gesonde en gebalanseerde omgewing vir leerders en onderwysers te skep om te ontwikkel, en om die samewerking tussen ouers en personeel te verbeter.

Gretchen Serfontein

Haar wens vir ons skool is dat ons standvastig moet wees in die versekering dat ons kinders uitstekende onderrig in hulle moedertaal kan ontvang.

Personeel –

  • Mev M van Zyl
  • Mnr H du Plessis
  • Mev E Wessels