Gr. R – 7 het een keer ‘n week vir ‘n 40 minute lank Rekenaartegnologie! Gr. 1 – 2 leer speel-speel om met programme verskeie vaardighede te ontwikkel. Hulle moet hul vaardigheid met die muis goed ontwikkel om seker take te kan doen en dan hulle moet die aktiwiteite kan druk. In Gr. 3 begin die leerders met “Powerpiont” werk.

Gr. 4-7 word onderrig in die volgende programme: Word, Excel, Powerpiont, Publisher, Access en die Internet. Hulle doen navorsing op die rekenaar vir sekere vakke se assesserings. Ons integreer die take met verskillende leerareas. Leerders moet ook ‘n e-pos na die rekenaarsentrum kan stuur. Leerlinge ontwikkel verskillende vaardighede om dit in die toekoms te kan gebruik.

Ons bedank die beheerliggaam en die ouers vir die opgradering van die rekenaarsentrum. Die leerders kan nou baie goed vorder en dieselfde programme gebruik vir sekere vaardighede.