Tans is daar 32 leerders wat gespesialiseerde onderrig ontvang. Individuele onderrig aan die leerders met spesifieke leerprobleme in Lees, Spel en Wiskunde blyk steeds van groot waarde te wees. Vordering geskied na wense, maar leerders word aangemoedig om daagliks ‘n stukkie uit ‘n storieboek van hulle keuse te lees. Lees kan slegs verbeter as jy elke dag aandag daaraan gee. Lees met begrip is ook baie belangrik. Rekenaaronderrig met lees, klanke en Wiskundeprogramme word ook gebruik om probleemgebiede aan te spreek. Daar word ook gekyk hoe elke kind in ‘n klassituasie reageer, want in ‘n groep reageer kinders soms verskillend as met een -tot- een onderrig.