Dit het vanjaar weer baie goed gegaan met ons swemmers.
Tydens Kroon Primêr se Uitnodigings gala behaal Ane Crous ‘n tweede plek en Shaun Morgan drie derde plekke.

Tydens die Noord-Vrystaat swemkampioenskappe behaal ons skool 7 individuele en 20 aflos medaljes. Ane Crous 1x tweede plek, Juane Smit 1 x tweede plek en Shaun Morgan 3 x derde plekke en 2 x tweede plekke.

Tydens die Vrystaat kampioenskappe neem 7 van ons skool se swemmers deel.

Swemmers gaan aan Vrystaat swem-kampioenskappe deelneem

Die volgende swemmers het 18-19 Februarie 2020 gaan deelneem in Bloemfontein.

V.l.n.r. Wilona Erasmus, Caru-Lize Crots, Shaun Morgan, Ruan Jacobs, Carli Serfontein en Johan Kriel.