VISIE

Om kwaliteit onderwys en opvoeding aan alle leerders te verskaf sodat elkeen se potensiaal optimaal ontwikklel word. As ‘n Afrikaanse skool gegrond op die Sentrale Volkskool se karakterbouende waardes, aanvaar ons die roepingseis om die positiewe na te streef en die goeie en opbouende ten beste af te handel.

MISSIE

Daar word gestreef na die verwesentliking van die volgende eienskappe by leerders, personeel en ouers:

LEERDERS

  • erken en aanvaar die reg van elke leerling om die godsdiens van eie keuse te beoefen.
  • is trots op die Afrikaanse taal- en kultuurerfenis en streef na die handhawing en uitbouing daarvan.
  • gebruik die talente ontvang op akademiese, sport- en kultuurgebied.
  • streef netheid na in arbeid en optrede.
  • wil gebalanseerd betrokke wees.
  • betoon respek teenoor meerderes en maats.
  • tree te alle tye gemanierd en gedissiplineerd op.
  • respekteer die skooldrag en simbole van die skool.
  • streef die waarheid en eerlikheid na.
  • bou ons skooltrots uit.
  • benut die geleenthede gebied om tot volle potensiaal te ontwikkel.

PERSONEEL

  • erken die Senties se unieke waardes en leef dit as sulks uit.
  • verwag die beste van hul leerders op akademiese- buitemuurse- en kultuurgebied.
  • wend hul unieke talente aan om doelwitte van die skool te verwesenlik.
  • is lojaal teenoor die onderwys, kollegas en die skool.
  • stel leerders se belange voorop.
  • eerbiedig hul professie se erekode.

OUERS

  • ag ons skool se waardes hoog en dra dit aan hul kinders oor.
  • is positief en gebalanseerd betrokke by die skool se bedrywighede.
  • steun die skool se ingesteldheid t o v eie unieke waardes, dissipline, kleredrag, akademiese- en ekstra kurrikulêre bedrywighede.
  • tref reëlings om die verpligtinge t o v skoolgeld na te kom.
  • tree tydens sport- en ander skoolbyeenkomste op ‘n gedissiplineerde en waardige wyse op.