Ons jaarlikse Kleuratletiek vroeg in Januarie was ‘n groot sukses. Goeie prestasies is alreeds daar deur ons atlete behaal. Senties se atlete het deur die jaar ook aan die Fonteine – en Fichartpark Prestigebyeenkomste deelgeneem . Ons bied ook ons eerste Super 4 byeenkoms aan. Hier behaal ons 6 eerste plekke, 19 tweede plekke en 13 derde plekke. Anè Crous en Thomas Haywood word aangewys as beste seuns- en dogters baanatlete tydens die byeenkoms. Ons atlete het gewys dat hulle reg is vir ‘n goeie seisoen met die goeie prestasies tydens die uitnodigings- byeenkomste.

 

Tydens die Sateliet 10/12 byeenkoms het 78 atlete deelgeneem en uitstekend presteer. Daar is 50 eerste plekke, 18 tweede plekke, 21 derde plekke en 8 vierde plekke behaal.

Tydens die Kroon Atletiekbyeenkoms kwalifiseer 42 atlete om deel te neem aan die Noord – Vrystaat byeenkoms op Sasolburg.

Gedurende die Noord-Vrystaatkampioenskappe in Sasolburg, behaal ons atlete 8 plekke.

Ons verower 8 medaljes: 2 goue medaljes, 1 silwer medalje en 5 brons medaljes.

Na afloop van die byeenkoms is 15 atlete opgeneem in die Noord -Vrystaat Atletiekspan wat aan die Vrystaat kampioenskappe in Bloemfontein deelgeneem het.

Hierdie atlete is:

Dogters: Micke-Dunay le Roux (70m H), Kaylie Steyl (70m H en 150m H), Megan Edwards (Hoogspring), Anè Crous (I00m, 150m en NVS Aflos), Johannè Jonker (Skyfwerp), Elizabeth Venter

(Hoogspring), Simonnè Janse van Rensburg ( Spiesgooi), Nadia Campher (75m H)

Seuns: Thomas Haywood (70m H), Vernon Vlok ( 70m H), Ivan de Bruyn (Verspring), Henro Jacobs (80m H), Schalk Jonker (Spiesgooi), Danie Fourie (Skyfwerp) en Stefan Esterhuizen (Hoogspring). Baie geluk aan Anè Crous en Johannè Jonker wat medaljes verower tydens die byeenkoms en sodoende gekwalifiseer het om aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe te gaan deelneem.

 

Anè wen die 150m vir D/12 ( goue medalje) en behaal ‘n 2de plek in die 100m (silwer medalje). Johannè behaal ‘n 2de plek in Skyfwerp D/12 (silwer medalje). Baie geluk aan hierdie dogters met die uitsonderlike prestasies. Dit is merkwaardig om te vermeld dat Anè Crous (100m en 150m) en Thomas Haywood (80m) gekies is om aan die ASA Primêre Skole Atletiekkampioenskappe te gaan deelneem. Hulle is na die kampioenskappe genooi omdat hulle reeds SA kwalifiserende tye gehardloop het in hulle onderskeie items.

Ongelukkig kon die Suid-Afrikaanse kampioenskappe en die ASA Nasionale kampioenskappe nie plaasvind nie a.g.v. die COVID-19 pandemie. Ons atlete het vanjaar goeie prestasies gelewer en ook goeie vordering getoon waarop hulle volgende jaar kan voortbou. ‘n Opregte woord van dank aan elke onderwyser en ouer wat ure opgeoffer het om ons atlete af te rig en na byeenkomste te vergesel. Julle is baie kosbaar en spesiaal!

Aan ons Hemelse Vader al die lof en eer.