ATLETIEK JAARVERSLAG: 2018


Die atletiekseisoen het alreeds in die vierde kwartaal afgeskop met die jaarlikse JF uitnodigingsbyeenkoms in Bloemfontein . Ons jaarlikse Kleuratletiek vroeg in Januarie was ‘n groot sukses . Goeie prestasies is alreeds daar deur ons atlete behaal.
Senties se atlete het deur die jaar ook aan die JF Makro -, Fonteine – en Fichartpark Prestige byeenkomste deelgeneem . Goeie suksesse is ook daar behaal.
Ons atlete het gewys dat hulle reg is vir ‘n goeie seisoen met die wonderlike deelname tydens ons kleursport. Baie dankie aan elke leerder wat deelgeneem het om dit ‘n besondere geleenthied te maak.
Ons Sateliet byeenkoms het ‘n effens ander vorm aangeneem. Daar is 2 satelliete saamgevoeg wat meegebring het dat Sateliet 10 en 12 ( 9 skole ) nou n gesamentlike byeenkoms gehou het. Dit het meegebring dat ons atlete se kompetisie nou aansienlik sterker was.
Tydens die Sateliet 10/12 byeenkoms het 91 atlete deelgeneem en uitstekend presteer. Daar was 43 eerste plekke, 42 tweede plekke, 28 derde plekke en 18 vierde plekke behaal.
Die Kroon Atletiekbyeenkoms kon vir ‘n tweede agtereenvolgende jaar weens reën nie plaasvind nie. Atlete het gekwalifiseer na Noord -Vrystaatbyeenkoms op grond van prestasies wat tydens die Sateliet byeenkomste behaal is.
Gedurende die Noord Vrystaat kampioenskappe in Sasolburg behaal ons atlete 19 plekke .
Ons ontvang 6 medaljes , 1 goue medalje , 3 silwermedalje en 2 bronsmedaljes.

Na afloop van die byeenkoms is 13 atlete opgeneem in die Noord -Vrystaat Atletiekspan wat aan die Vrystaat kampioenskappe in Bloemfontein deelgeneem het.
Seunsatlete : Ivan de Bruyn, Schalk Jonker, Henro Jacobs, Stefan Esterhuizen, Jaco Kleingeld, Pieter van Schalkwyk, JP Botha, BJ Pelser en Tertuis Brink.
Dogtersatlete : Ané Crous, Kaylie Steyl, Annika Hans, Joané Jonker, Nadia Campher en Merinda Cronje.
Hierdie atlete verower gesamentlik 4 medaljes . Ivan de Bruyn kry ‘n silwer medalje in 100m en ‘n goue medalje in die 4x100m aflos vir S/11 as deel van die Noord Vrystaat aflosspan. Merinda Cronje kry ‘n silwer medalje in Spiesgooi vir D/13. Anè Crous kry ‘n silwer medalje in die 4 x100m aflos vir D/12 as deel van die Noord Vrystaat aflosspan .
Die volgende atlete behaal ook die volgende plekke tydens die byeenkoms.
BJ Pelser behaal in 4de plek in die 200m hekkies vir S/13 . Anè Crous behaal ‘n 5de plek in die 80m vir D/10 en Ivan de Bruyn behaal ook ‘n 4de plek in Verspring vir S/11.

Twee van ons atlete Merinda Cronje en Ivan de Bruyn word opgeneem in die Vrystaat Atletiekspan wat aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe in Paarl deelgeneem het. Hier presteer Merinda uitstekende deur ‘n gouemedalje in Spiesgooi met ‘n afstand van 37,37m vir D/13 te verower . ‘n Uitsonderlike prestasie. Ons is baie trots op jou !!
Ons atlete het vanjaar goeie prestasies gelewer en ook goeie vordering getoon waarop hulle net volgende jaar kan voortbou.
‘n Opregte woord van dank aan elke onderwyser en ouer wat ure opgeoffer het om ons atlete af te rig en na byeenkomste te vergesel. Julle is baie kosbaar en spesiaal!
Aan ons Hemelse Vader alleen al die lof en eer.