Gedragskode en -reëls
Koshuisreëls
TOELATING
1.1 Aansoek om toelating of hertoelating tot die koshuis moet op die voorgeskrewe
inskrywingsvorm gedoen word. Die jongste skoolrapport moet die aansoek
vergesel.
1.2 Losiesgeld MOET voor of op die eerste dag van elke kwartaal betaal word.
1.3 Reëlings met betrekking tot die uitteken van kosgangers moet op die eerste dag
van die jaar gefinaliseer word. Die invul van die mediese kaart (pienk) is ook
uiters noodsaaklik.
1.4 Ouers moet na elke vakansie kennis gee indien hul kind in kontak was met
enige aansteeklike siekte.
1.5 Ouers moet EEN VOLLE KWARTAAL kennis gee voordat hul kind die
koshuis verlaat. So nie, kan hy aanspreeklik gehou word vir een kwartaal se
losiesgeld.
1.6 ‘n Leerder kan geskors word indien
• sy gedrag van so ‘n aard is dat dit indruis teen ‘n behoorlike peil van
sedelikheid en/of die sosiale welsyn van die skool of koshuis in gevaar stel;
• hy herhaaldelik reëls oortree;
• hy na die mening van die hoof en beheerliggaam een enkele daad of reeks
van dade van laakbare aard begaan;
• die terrein sonder toestemming verlaat.
ALGEMENE KOSHUISORGANISASIE
2.1 Koshuisdoelstelling
Die koshuis stel hom die veilige versorging en opvoeding van sy kosgangers ten doel. Daar word dus gepoog om, ten spyte van ‘n groot huishouding, ‘n huislike atmosfeer te skep waarin al die inwoners van die Koshuis gelukkig saam lewe.
2.2 Algemene koshuisbestuur
Die skoolhoof is die hoof van die koshuis. Hy is die beleidmaker en verteenwoordig die Direkteur van Onderwys asook beheerliggaam. Die senior huisvader is die implementeerder van beleid en verteenwoordig die skoolhoof in die koshuis.
2.3 Die Beheerliggaam
Die beheerliggaam is ‘n raadgewende liggaam wat die breë gemeenskap in die onderwysstelsel verteenwoordig in die monitor van koshuisgebeure. Die beheerliggaam is verder vir die finansiële bestuur van die koshuis verantwoordelik.
2.4 Die Koshuishoofdegroep
Die senior huisvader, voedseldiensbestuurder en hoofmatrones vergader weekliks om algemene sake ten opsigte van doeltreffende versorging van leerders te bespreek.
2.5 Diensdoende Personeel
Dit is die voogde van kosgangers wat in groepe (gange) verdeel is. Elke groep het sy eie voog. Die diensdoende personeel vergader maandeliks saam met die senior huisvader om die koshuisorganisasie op ‘n hoë standaard te hou.
2.6 Matrone en Assistente
Daar word kwartaalliks vergader om algemene kombuis- en onderhoudsake te bespreek en te verbeter.
2.7 Prefekte en Tafelhoofde
Beide groepe staan onder leiding van diensdoende personeel. Prefekte vergader op gereelde basis om enige relevante sake en veral dissipline in die koshuis te bespreek. Die tafelhoofde vergader maandeliks om enige probleem tydens etes op te los.
2.8 Spyskaartkomitee
Hierdie komitee bestaan uit die hoofmatrone, voedseldiensbestuurder, ‘n diensdoende personeellid en verteenwoordigers van die leerders. Toepaslike resepte, klagtes, enige vernuwing en verbetering van die spyseniering word bespreek.
2.9 Sosiale komitee
Hierdie komitee staan ook onder leiding van diensdoende personeel en die koshuishoofseun/dogter. Die sosiale komitee is behulpsaam met die reël van alle sosiale aangeleenthede soos films, braaivleis en skakeling met skool.
2.10 Tugkomitee
Dissiplinêre sake word eenmaal per week deur die Tribunaal onder leiding van die senior huisvader, diensdoende personeel en leerderverteenwoordigers hanteer.
2.11 Algemeen
Kosgangers se welstand word dus by verskeie geleenthede beskerm en ontwikkel. Kosgangers moet van die regte kanale en van toepaslike komitees gebruik maak waar griewe of probleme kan ontstaan. Verder het elke kosganger ‘n voogprefek en voogpersoneellid vir openhartige gesprekvoering. Kosgangers word uitgenooi om van al hierdie geleenthede gebruik te maak maar moet ookaltyd welkom voel om in direkte gesprek met die senior huisvader en hoof te tree. Klagtes wat dus vanaf ouers ontvang word, sal as minder ernstig beskou word.
2.12 Besoekers
Geen kosgangers mag besoekers in hulle kamer, tydens studie, in die middae of na ligte uit ontvang nie. Besoekers moet te alle tye die koshuisroetine en reëls respekteer. Besoekers kan in die voorportaal ontvang word.
2.13 Beskadiging van eiendom
Alle skade wat ‘n kosganger op watter wyse ookal, aan koshuiseiendom aanrig, moet vergoed word en/of deur homself herstel word. Sodanige skade moet dadelik aan die diensdoenende personeellid rapporteer word. Indien ‘n kosganger versuim om skade te herstel of te vergoed, sal ‘n rekening na een week vandat die skade verrig is, aan die ouer/voog gestuur word.
2.14 Elektriese apparaat
Geen elektriese apparaat van enige aard word in die koshuis toegelaat nie. Battery radiostelle mag deur Gr. 6- tot 7 -leerders gebruik word. Geen leerder mag ‘n rekenaar in die koshuis hê nie. Misbruik van die rekenaar sal dié voorreg laat wegval. Daar is ‘n rekenaar met internettoegang vir leerders. Elektriese apparaat wat sonder die senior huisvader se goedkeuring gebruik word, sal gekonfiskeer word tot die einde van die jaar.
TYDELIKE KOSHUISVERLATING
3.1 Koshuisnaweke
Sentrale Volkskool is nie oor naweke oop nie. Ouers moet hul kinders op ‘n Vrydag kom haal en weer Maandagoggend terugbring. Die koshuis word 06:00 op ‘n Maandagoggend oopgesluit. Die koshuis sluit dus om 14:00 op ‘n Vrydag en word op Maandagoggend om 06:00 oopgesluit.
Weeksmiddae
Leerders mag nie die koshuis vir dringende afsprake soos mediese, godsdienstige,
hospitaalbesoeke ens., verlaat nie.
• Skriftelike versoeke (datum, tyd, aard en naam) moet die oggend voor die middag van
die afspraak, tydens ontbyt by die senior huisvader ingehandig word.
• Kosgangers met goedgekeurde afsprake teken om 14:00 by die diensdoende
personeellid uit in ‘n register.
• Uitgetekende kosgangers meld met hul terugkeer weer by diensdoende personeellid
aan.
Uitsonderings
• Enige uitsonderings ten opsigte van koshuisverlating moet ten minste een dag vooraf
met die senior huisvader uitgeklaar word. Uitsonderings word slegs op streng meriete
toegestaan.
KLEREDRAG
4.1 Wanneer leerder die terrein verlaat
• Leerlinge moet te alle tye in skooldrag of Sentie-drag geklee wees.
• Wanneer sportaktiwiteite bygewoon word, is ‘n Sentie-sweetpak aanvaarbaar of
toepaslike sportdrag. Geen kniebroek of slenterdrag.
4.2 Etes
• Ontbyt en Middagetes: gedurende die week word die volledige skooluniform gedra
tensy ‘n sportaktiwiteit sportklere noodsaak.
• Aandetes en ander etes: Kosgangers moet te alle tye netjies vertoon en skoene
aanhê as hulle in die eetsaal ingaan.
4.3 Juweliersware
• Geen juweliersware van watter aard ookal word enigsins toegelaat nie.
4.4 Op die skoolterrein
• Koshuisleerlinge moet te alle tye netjies geklee wees wanneer hulle op die
koshuis/skoolterrein is.
• Slegs sportdrag, skooldrag of voorgeskrewe koshuisdrag is aanvaarbaar. (D.w.s.
Sentie- of sportbroek met Sentie T-hemp).
• Geen slenterdrag word toegelaat nie.
SIEKTE EN ONGEVALLE
Skoolure
Wanneer ‘n leerder gedurende die skooldag siek word, rapporteer hy met ‘n bevestigingsbriefie van die vakonderwyser of graadvoog by die senior huisvader.
Die senior huisvader sal die leerder na die siekekamer verwys.
Ander ure
Geen leerder mag in sy kamer bly indien hy siek word of sleg voel nie.
Leerders meld dadelik by die diensdoende personeellid aan wat hom na die
siekekamer of dokter sal verwys.
Tydens noodgevalle word leerders na ‘n plaaslike ongevalle-afdeling
geneem.
5.2.4 Ouers is te alle tye vir mediese en vervoerkoste verantwoordelik.
5.2.5 Die diensdoende personeellid sal die ouers van ‘n noodgeval of
hospitalisasie in kennis stel.
NETHEID
Slaapkamers
6.1.1 Elke kosganger is vir die netheid van sy eie kas en bed verantwoordelik.
6.1.2 Die leerlinge is verantwoordelik vir die netheid van hul kamers.
6.1.3 Inspeksie word deur prefekte, gangvoogde en diensdoende personeel
uitgevoer.
Badkamers & Toilette
6.2.1 Warm water moet spaarsamig gebruik word.
6.2.2 Netheid en higiëne is te alle tye verpligtend.
6.2.3 Toilette moet altyd droog en skoon wees.
Terrein
Rondstrooiery van vullis en die beweeg op plekke waar die gras vertrap is,
word ten strengste verbied.
ONTGROENING
7.1 Geen ontgroening van enige aard sal geduld word nie.
7.2 Junior kosgangers moet wel sekere dienste verrig soos van tyd tot tyd bepaal sal
word.
7.3 Alle nuwe kosgangers moet aan die inskakelingsprogram deel hê ten einde hulle
aanpassing te vergemaklik.
7.4 Elke junior sal, benewens sy voogonderwyser, ook onder voogskap van ‘n
spesifieke prefek staan.
7.5 Juniors moet onder geen omstandighede skroom om enige aangeleentheid met die
voogonderwyser en prefek te bespreek nie.
KWARTAALLIKSE KOSHUISOPENING
8.1 Die koshuis open om 06:00 op die dag voordat skole heropen.
8.2 Seuns mag vanaf 14:00 arriveer maar mag nie die terrein daarna verlaat nie.
8.3 Die senior huisvader, gangvoogde en administratiewe personeel is beskikbaar
vanaf 14:00 vir navrae en vir die invordering van koshuislosiesgeld.
8.4 Die eerste ete is aandete wat gewoonlik ‘n toebroodjie behels.
8.5 Kosgangers se hare moet reeds volgens skoolhaarreëls gesny wees.
SAKGELD
Leerders het die geleentheid om sakgeld in veilige bewaring by ‘n aangewese
personeellid te plaas.
Geen verantwoordelikheid vir die verlies van geld wat nie in bewaring geplaas
is, word aanvaar nie.
9.3 U word aangeraai om kitsbankkaarte te bekom en weekliks te gebruik.
9.4 Dit is nie nodig om groot bedrae geld byderhand te hê nie.
SLUIT VAN KOSHUIS GEDURENDE DIE MIDDAG
Tussen 14:30 en 16:00 word geen kosgangers in die koshuisgebou toegelaat
nie, tensy hulle konstruktief met huiswerk en studie besig is en met
toestemming van die betrokke gangvoog/senior huisvader.
Tussen 07:10 en 13:40 word geen kosgangers of dagskoliere in die
onmiddellike koshuisterrein toegelaat sonder die skriftelike toestemming van
die senior huisvader nie.
STUDIETYE
Stilte en ordelikheid is ‘n absolute vereiste. Geen kommunikasie mag tussen
leerders plaasvind nie.
Elke leerder moet met sy eie studeer- en huiswerk besig wees. Oor en weer
Lenery en verduidelikings is steurend en word nie toegelaat nie.
11.3 Die studiesaal is altyd vir akademiese werk beskikbaar.
11.4 Leerders moet ander leerders wat buite studietye werk, respekteer.
11.5 Diensdoende personeel kan studietye verleng indien dit nodig sou wees.
11.6 Gr 6 – 7 -leerders met ‘n gemiddelde persentasie bo 70% mag in hul kamers
studeer. Dit bly egter ‘n voorreg en nie ‘n reg nie.
11.7 Tydens noodgevalle kan die senior huisvader of diensdoende personeellid
gekontak word.
11.8 Geen besoeke word tydens studie toegelaat, tensy die dringendheid daarvan
eers met die diensdoende personeellid uitgeklaar is nie.
VOOGWERK
Elke voog versorg sy kosgangers ten opsigte van akademiese vordering,
godsdienstige meelewing, sosiale aanpassing, buitemuurse deelname, dissipline en morele ondersteuning.
12.2 Voogverslae word gedurende Junie en November aan ouers versend.
VERVOERMIDDELS
Geen ryplanke, fietse, motorfietse, motors of enige ander vervoermiddel word
op die skool- of koshuisterrein gebruik of toegelaat nie.
In sekere spesiale gevalle mag na oorlegpleging en skriftelike toestemming
van die senior huisvader ‘n fiets aangehou word onder voorwaardes wat hy mag vereis. Geen verantwoordelikheid word vir die veilige bewaring daarvan aanvaar nie.
WASGOED
Geen wasgoed word deur die koshuis hanteer nie.
14.2 Slegs met uitsondelike gevalle sal wasgoed gewas word.
EETGOED EN SNOEPERY
Kosgangers word nie toegelaat om lekkernye of ander voedsel in die eetsaal te
bring nie.
Geen verkope van snoeperye of enige kosmakery mag onder leerders
plaasvind nie.
SLUIT VAN HOOFHEKKE
Die hoofhek/ingang tot die koshuis word om veiligheidsredes permanent
gesluit en sal met uitsondering oopgesluit word, bv. Vrydagmiddag vir die
oplaai van leerlinge.
Ouers moet daarom van die parkeerarea voor die tennisbane gebruik maak en
daar toegang tot die koshuis kry.
Die koshuishekke word gedurende sekere periodes gesluit sodat die
kosgangers en hul besittings teen gevare van buite beskerm word en beslis nie
om leerders “toe te sluit” nie.
Leerders mag onder geen omstandighede van enige ander uitgang of venster as
die hoofdeur gebruik maak nie.
BOETES
Ongewenste Items
Die besit van onwettige en ongewenste items soos gevaarlike messe,
wapens van enige aard, vervoermiddels, elektriese apparaat ens. word met R100.00 beboet.
17.1.2 Sodanige items word gekonfiskeer en slegs aan ouers/voogde oorhandig.
Rondlêende Items
Geen items mag ooit in ‘n kamer, op stoepe, op die terrein en in die
studiesaal onversorg en doelloos rondlê nie.
Sodanige items word gekonfiskeer en met R50.00 beboet wanneer dit
opgeëis word.
Sodra ‘n kwitansie as bewys van betaling getoon is, sal artikels
terugbesorg word.
Alle items moet op erkende plekke gebêre word.
VERJAARSDAE
Kosgangers wat op ‘n weeksdag verjaar mag saam met hul ouers/voogde vir
die aand uitgaan.
Alle gevalle sal deur die senior huisvader op meriete beoordeel word.
DISSIPLINE
Kosgangers moet te alle tye gesonde selfdissipline toepas.
‘n Hoë lewenstandaard ten opsigte van waardes, norme en etiek word van elke
kosganger verwag.
Die koshuishuishouding is ‘n baie kompleks. Daar is dus uit die aard van die
saak reëls en dissipline nodig om dié koshuisorganisasie te laat vlot.
Selfdissipline vervang dus in ‘n groot mate rigiede toepassing van reëls.
EETSAAL
Kosgangers beweeg stil en ordelik in die eetsaal in.
Met aandete tree die seuns in gangverband buite die eetsaal aan vir kontrole,
algemene reëlings en aandgodsdiens.
Kosgangers sit in graadverband aan.
20.4 Geen provokasie of enige afknouery sal enigsins geduld word nie.
20.5 Die tafelhoofde is verantwoordelik vir orde, tafelmaniere en sinlikheid.
20.6 Wanneer ‘n kosganger toestemming tot afwesigheid verkry het en dit ‘n
etenstyd raak, moet die kosganger die tafelhoofde daarvan in kennis stel. Dit
geld vir enige tipe afwesigheid.
20.7 Die gr. 6-leerders dek die tafels na afloop van ete af.
UITSTAPPIES
Groepe of grade wat uitstappies wil onderneem, moet vooraf met die senior
huisvader koördineer.
As daar om een of ander rede omstandighede bestaan, kan die senior huisvader
dit herroep.
SIEKEKAMER
Kosgangers wat na die siekekamer verwys is, is onder direkte toesig van die
kosmatrones.
22.2 Alle opdragte deur matrones moet dus nagekom word.
22.3 ‘n Kosganger mag nie rondloop of die siekekamer sonder toestemming verlaat
nie.
DIEFSTAL
Ongelukkig vind hierdie verskynsel soms plaas. Gelukkig word die waarheid
in die meeste gevalle ontbloot.
23.2 Oortreders sal versoek word om onmiddellik die koshuis te verlaat.
23.3 ‘n Kosganger moet dus maar altyd sy persoonlike besittings en selfs tas
toesluit.
23.4 Indien ‘n kosganger heelwat besittings het, word aanbeveel dat hy ‘n staal
toesluittrommel onder sy bed hou wat gedurende inspeksies moet oopstaan.
23.5 Reistasse en ander sakke moet bo-op die hangkaste geplaas word.
PERMANENTE VERLOF
Kosgangers word van tyd tot tyd toegelaat om die koshuis vir nie-amptelike
buitemuurse aktiwiteite te verlaat.
Die aansoek moet vergesel wees van ‘n aansoekbrief deur die ouers, bewys
van lidmaatskap van ‘n klub/vereniging en ‘n bevestigingsbrief van die
afrigter.
24.3 Oefentye, oefendae en adres tydens die afwesigheid moet verskaf word.
24.4 Hierdie verlof word ook op streng meriete toegestaan.
ALGEMEEN
Dissiplinêre sake word op ‘n weeklikse basis deur middel van ‘n tribunaal
hanteer.
Straf word streng volgens Departementeleregulasies toegepas. Kosgangers
word op die natuurlike geregtigheidsbeginsel beoordeel. Kosgangers wat
herhaaldelik oortree en die atmosfeer versteur, lewe egter nie in harmonie met
die koshuisbeleid nie en is dus nie ware Koshuis-Senties nie. Sulke leerders
voel heel dikwels ook nie tuis in die koshuisorganisasie nie. Straf word in die
vorm van gemeenskapsdiens, studie, vermaning, verbeuring van regte,
korrektiewe optrede en selfs skorsing toegepas.
Alle kosgangers moet aktief aan buitemuurse aktiwiteite deelneem. (Ten
minste een aktiwiteit per kwartaal).
Nuwe leerders moet met aankoms by die senior huisvader en diensdoende
personeellid aanmeld. Die hoofseun sal toesien dat die nuwe leerder inskakel
en homself oriënteer in die koshuislewe.
Ander opdragte en aankondigings word as ‘n toevoeging tot hierdie
Leerdergids beskou.
Alle uitsonderings en spesiale versoeke moet altyd eers met die senior
huisvader bespreek word. Uitsonderings moet egter nie in tendense ontaard
nie.
Indien ‘n leerder of ouers/voogde geen omstandighede van ‘n uitsondering
vooraf met die senior huisvader en diensdoende personeellid kan bespreek nie,
moet die leerders in besit van ‘n skriftelike verskoningsbrief van die ouer/voog
wees. Hierdie verskoning moet by die eerste geleentheid aan die diensdoende
personeellid oorhandig word.
Die Leerdergids moet ten alle tye in die kosganger se kas vir
verwysingsdoeleindes wees. Onkunde is nie ‘n verweer nie.
Geen rokery, die gebruik van drank wat enige persentasie alkohol bevat of die
gebruik van gewoontevormende middels word ooit toegelaat nie. Daar sal
uiters streng teenoor skuldiges opgetree word.
Leerders wat die terrein onwettig verlaat, sal onmiddellik uit die koshuis gesit
word.
TYDROOSTERS
MAANDAG TOT VRYDAGMIDDAG
6:05 Opstaanklok – Alle kosgangers staan op, maak hul beddens op, maak die kamers netjies en versorg hulself. Kosgangers wat vir die netheid van die kamers en gange verantwoordelik is, moet dit ook in hierdie tyd doen. Koshuishekke word oopgesluit.
06:30 Inspeksie – Kosgangers wag op hul beddens. Kamer en kasdeure moet oopstaan. Daar moet stilte wees terwyl die personeellid en koshuisraadslid die netheid inspekteer.
06:35 Stiltetyd – Gedurende Bybelstudie bly kosgangers op hul beddens sit totdat die volgende klok lui. Kamerdeure bly steeds oop. Alle leerders moet aktief aan godsdiensoefening deelneem. Absolute stilte en respek vir ander is belangrik.
06:45 Ontbyt – Kosgangers beweeg vinnig en ordelik na die eetsaal waar hul in hul rye aantree. Die diensdoende personeellid sal die verloop van die ete verder laat plaasvind.
07:05 Gereedmaak vir die skooldag – Kosgangers gaan borsel tande ensovoorts.
07:10 Koshuishekke sluit – Alle leerders beweeg na die skoolterrein. Geen leerder mag nou in die onmiddellike koshuisterrein wees nie.
13:45 Middagete – Tasse word in die gang voor die koshuisvader vir die duur van die ete weggebêre.
14:05 Uitteken – Leerders moet vooraf toestemming verkry by die Senior Huisvader.
14:30 Sport en ontspanning – Alle leerders moet buite besig wees met buitemuurse aktiwiteite, behalwe wanneer hulle studeer of huiswerk doen.
14:30 Studie – Leerders mag slegs in die studiesaal of in sekere gevalle in die kamers met selfstudie besig wees. Die res moet hulself met sport of kulturele aktiwiteite besig hou.
17:00 Storttyd
17:20 Aandete – Soos vir ontbyt.
18:30 Aandstudie – Probleemsituasies, permanente uitteken en ander sake kan met die senior huisvader bespreek word. Die Senior huisvader is egter vir alle gesprekke, indien dit nodig is, beskikbaar. Hekke sluit.
19:45 Slaaptyd voorbereiding – Gr.1 tot 3 borsel tande en stiltetyd
20:50 Slaaptyd voorbereiding – Gr. 4-7 borsel tande, uit- en aantrek, ens.
21:00 Stiltetyd
22:10 Ligte uit – Geen leerder mag nou rondbeweeg of sy kamerligte laat brand nie. Die
personeel aandiens kan van tyd tot tyd laat-studie goedkeur.
Die doel van die prefekte
Om by die personeel aan diens aan te meld indien enige reels deur enige leerder oortree word.
Indien vreemdelinge op die terrein of in koshuis is, aan te meld by diensdoende personeellid, matrone of superintendent.
Graad 7 prefekte moet die Graad 1’s help met die roetine van die koshuis, wat, waar en wanneer dinge moet gebeur, bv. etensklokke, badtye,
speelplekke, ens.
Graad 7 help met dissipline by aantree rye vir etes en in die etensaal, hulle is tafelhoofde.
Graad 7 help met stiltetye en ligte uit.
Behulpsaam met dissipline wanneer personeel besig is of êrens betrokke is.
Toesien dat alle leerders terug is in en by die koshuis soos deur reëls bepaal.
Help met die in/uittekenregister indien nodig.
Pligtestaat sal opgestel en aan elkeen oorhandig word sodat hy/sy presies weet wat van hom verwag word.
Verantwoordelikhede van personeel van Koshuise.
Die personeel bestaan hoofsaaklik uit die Superintendent, Snr. Matrone, 2de Matrone, kokke in die kombuis, werkers wat verantwoordelik is vir die skoonmaak van die kamers en vertrekke, asook die werker wat vir die terrein aanskpreeklik is. Daar is ook personeel wat op die terrein woonagtig is.
Die Superintendent is die koshuisvader, wat woon aan die voorkant van die koshuis. Hy is verantwoordelik vir die beheer en bestuur van die hele koshuis, asook vir die gee en dissipline in die koshuis ten opsigte van versorging, studie en ontspanning. Ouers is welkom om hom te nader om enige hulp, versoeke en om probleem oplossings.
Snr. Matrone en die 2de matrone is vir almal en alles verantwoordelik, hul moet toesien dat almal gelukkig is en lekker kos kry elke dag! Hulle is dus verantwoordelik vir die algemene organisasie en administrasie van die koshuis asook vir die fisiese, emosionele en sielkundige behoeftes van alle kosgangers.
Die personeellid aandiens sien spesiaal toe dat die kleintjies versorg is, gehelp word as dit nodig blyk te wees, reël dat vir hulle Bybel lessies gehou word elke aand, as daar ‘n funksie is vir die kinders, sorg hulle dat hul daar veilig kom en terug. Indien ouers ‘n dokter afspraak gereël het vir ‘n kind, sal Koshuismoeder toesien dat hy/sy daar kom en die nodige medikasie ontvang. Sy of die dokter vul dan ‘n vorm in van sy diagnose en die medikasie wat die kind ontvang. Hulle help waar hul kan en wie hul kan ter enige tyd.
Daar is ongeveer 6 werkers wat help in die koshuis. Die werker wat vir die terrein verantwoordelik is, sien toe dat alles wat stukkend en aandag nodig het in en om die koshuis, regkom. Hy is in beheer van die tuin. Indien iets stukkend is, aandag nodig is in ‘n kamer, moet die matrone of die Superintendent ingelig word, wat weer op hul beurt met die werkers sal reël vir die herstel daarvan. Ouers self mag nie vir hulle werksopdragte gee nie.
Daar is ook personeel woonagtig op die perseel. Hulle is onderwysers by Voorwaarts en Akademie en is diensdoende by die koshuis.
Hulle pligte onder meer is om soggens toe te sien dat deure oopgesluit word, klokke te lui, Bybels te lees tydens ontbyt, middae toe te sien dat die leerlinge uit en in teken, te help met studie in die middae, asook saans. Help met die handhawing van dissiplinere en orde in die koshuis.
Hierdie gedragskode verleen aan die personeel verbonde aan hierdie koshuis die bevoegdheid om, waar daar redelike vermoede en voldoende inligting bestaan, enige leerder of sy eiendom te laat deursoek vir ongewenste items. Wet op Beheer van Toegang tot Openbare Persele en Voertuie (53/1985) en Wet op Dwelms en Dwelmhandel (140/1992).
Ouers se verantwoordelikhede
Ouers moet die ouervergaderings bywoon wat deur die koshuiskomitee gereël word, indien dit nie moontlik is nie, moet hul telefonies / skriftelik verskoning maak by die matrone.
Presensielys wat tydens die ouervergadering gesirkuleer word deur alle teenwoordiges onderteken word.
Besluite wat op die ouervergadering geneem word, moet op die eerste Koshuis Komiteevergadering bespreek en goedgekeur word en deur gegee word aan die ouers in die eerste Koshuisomsendbrief.
Koshuisgelde is verpligtend en betaalbaar op die 1ste dag van elke kwartaal. Die reël “No Pay, No Stay”, word ten strengste toegepas en GEEN
uitsondering word gemaak nie.
Elke ouer is verantwoordelik vir sy/haar kind se eie pleisters, salwe of kopseerpille. Die “kit” word by die Matrone se kantoor ingehandig vir gebruik deur die kwartaal.
Ouers mag die kamers / badkamers versier, uitverf, mits daar vooraf goedkeuring/ toestemming van die superintendent verkry is.
Ouers moet die leerder inlig aangaande die ernstigheid van die Gedragskode vir die handhawing van orde, dissipline en veiligheid van ons kinders. Ouers se ondersteuning sal opreg waardeer word.
Indien ‘n leerder slegs sekere medikasie moet gebruik of allergieë het, moet dit onder die aandag van die matrone gebring word, sodat dit aangeteken kan word en die nodige reëlings getref kan word.
Alle medisyne wat leerders gebruik, hetsy homopaties, voorgeskrewe of net aanvullings, moet by die matrone ingehandig word vir veilige bewaring en kontrolering van gebruik daarvan deur die kinders. Geen medisyne word in kaste van leerders toegelaat nie.
Leerders by wie aantsteeklike siektes gediagnoseer is, moet onmiddelik die koshuis verlaat. Indien ouers versuim, sal die ouers aanspreeklik gehou word as ander kinders die siekte opdoen.
Geen leerder mag die terrein saam met ouers verlaat alvorens die uittekenregister nie ingevul en geteken is of die diensdoende personeellid, matrone of superintendent in kennis gestel is nie.
Indien ouers probleme het, moet dit met die superintendent of matrone bespreek word en nie met enige personeellid of leerling nie. Grieweprosedures moet gevolg word.
Koshuiskomitee
Die Koshuiskomitee is ‘n subkomitee van die Beheerliggaam van Sentrale Volkskool. Dus is besluite wat die Koshuiskomitee neem ten opsigte van die geboue en die terrein (Art 21 (1) (a) Skolewet 84 van 1996) onderhewig aan die goedkeuring van die Beheerliggaam. ‘n Lid van die Beheerliggaam moet as voorsitter van die Koshuiskomitee optree. (Art 30 (1)(b) van Skolewet 84 van 1996). Die koshuiskomitee bestaan uit die ouers van leerders, en die Skoolhoof. Die Koshuiskomitee het weer subkomitees in plek om alle aspekte te dek van die koshuis. So is daar ‘n Bemarkingskomitee en ‘n Ouer Skakelkomitee. Laasgenoemde dra ekstra sorg om die belange van ouers voor te lê.
Die Samestelling van die Koshuiskomitee:
1. Skoolhoof / Superintendent – Mnr L Welthagen
2. Hoof Matrone – Mev E Jordaan
3. Koshuismoeder – Mev A Welthagen
4. Beheerliggaam verteenwoordiger is die Voorsitter – Mev G Serfontein
5. Ouers – Mev K j/v Vuuren
6. Personeel – Mev T Bester
Die doel van die Komitee is om na die belange van die Koshuis as geheel om te sien. Belange sluit in byvoorbeeld, die dieët / spyskaart van die kosgangers, reëls in en om die koshuis, verbeterings aan die geboue en speelterrein, werksverhoudinge tussen personeel, verhoudige / probleme tussen kinders uit te sorteer en ouers se balange, bekommernisse en insette te bespreek. Dis maar net ‘n paar om op te noem. Insette van ouers is dus uiters belangrik vir die instandhouding van ‘n harmonieuse, gedissiplineerde en veilige koshuis vir hul kinders.
Die Koshuiskomiteevergadering 2 (twee) maal per kwartaal. Die laaste Woensdag voor so vergadering kan en moet alle sake wat op die agenda
geplaas word, skriftelik ingehandig word by die sekretaresse. Dit staan ouers vry om ter enige tyd ‘n skrywe aan die komitee te rig waarin griewe,
bedankings en voorstelle gemaak word, wat hul onder die aandag van die komitee wil bring. Notule van elke vergadering sal aan die ouers gegee word aangaande besluite wat geneem is, in die vorm van ‘n nuusbrief. Indien ‘n besprekingspunt van so aard is, word onmiddelike terugvoer aan die ouers gegee by wyse van ‘n brief.
Griewe prosedure:
DOEL:
Om ‘n effektiewe Grieweprosedure daar te stel, wat aan ouers, matrones, superintendent, leerders, diensdoende personeel en koshuiswerkers in staat te stel, om griewe ten opsigte van verskeie prosesse, aksies en persone te lig, op ‘n gestruktureerde manier.
TOEPASSINGSVELD:
Die prosedure is spesifiek gerig op alle begenoemde persone wat gegrief voel ten opsigte van spesifieke sake of aangeleenthede of aksie ten opsigte van hulle kind/ers.
TIPE GRIEWE:
Die prosedures maak voorsiening vir die volgende tipe griewe ten opsigte van die:
Gedrag van ‘n leerder, ten opsigte van ‘n ander leerder, personeel, werkers of toerusting / eiendom.
Gedrag van alle personeel / werkers van koshuise ten opsigte van ander personeel, werkers, leerders, ouers, toerusting / eiendom en omgewing / terrein.
DIE PROSES:
‘n Grief moet so gou moontlik skriftelik gerapporteer word.
Die klagte kan met die matrone, superintendent of Skoolhoof informeel bespreek word in ‘n poging om dit op te los.
Die gegriefde lewer sy skriftelike kennisgewing in by die superintendent, matrone of die Skoolhoof.
Op die kennisgewing moet die gegriefde persoon aandui teen wie hy/sy ‘n grief het, asook ‘n kort beskrywing gee van die grief.
Indien die grief ten opsigte van ‘n leerder, werker of personeellid is, as die superintendent ‘n afspraak maak met die gegriefde en ‘n volledige verklaring afneem (skriftelik). Die superintendent sal die persoon waarteen die grief gelê is, ondervra en ‘n aanbeveling maak (indien nodig aan die koshuiskomitee of Skoolhoof) van die aksies wat geneem moet/kan word.
Die Superintendent sal die persoon teen wie die grief gelis is, inroep en hom/haar verwittig van die uitslag van die ondersoek. Die ernstigheid van die aanklag asook die duurte van die oortredings sal daarop dui of daar oorgegaan moet word na ‘n dissiplinêre aksie waarna ‘n volledige verhoor gehou sal word. Indien die grief van so aard is, word die Skoolhoof van HSDA en die Koshuiskomitee dadelik verwittig.
Skriftelike kennisgewing oor die hele aangeleentheid sal aan die gegriefde persoon (die een wat die klag gelê het) gegee word.
Strafmaatreëls:
Vir die handhawing van orde en dissipline in die koshuis is die volgende puntestelsel saamgestel om dit duidelik en verstaanbaar vir die leerders te maak wat presies van hul verwag word. Ouers word ook geken in die saak en samewerking van hul kant word ook verwag. Die Koshuiskomitee behou hom die reg voor om dissiplinêre stappe teen enige leerder te neem vir enige wangedrag wat nie in die Gedragskode gespesifiseer is nie, met die doel om orde en dissipline in die koshuis te herstel en te handhaaf. Dit impliseer ook dat die komitee die Gedragskode soos en wanneer nodig sal hersien.
SOORTE OORTREDINGE:
VLAK 1
(Geringe oortredings)
Enkele voorbeelde van die tipe 5 tot 25 punte gedrag:
Slaapkamers onnet (5)
Speel / hardloop in gange / kamers en badkamers (5)
Gesels / rondloop tydens studie en ete (10)
Laat kom bv. ete, studie, oopstaan (10)
Strooi van Rommel (10)
Skuif van meublement sonder toestemming (10)
Gesels / rondloop na ligte uit / stilte tyd (20)
Slaap in ander kamer sonder toestemming (25)
Boelie / Afknou / Baklei (25)
Vuil taal – vloek (25)
Mors van kos (25)
Probleme met stiltetyd (25)
Besoek koshuis / kombuis tydens skoolure sonder toestemming (25)
Nie bywoning van studie of ete sonder toestemming (25)
Telefoonoproepe buite toegelate tye gemaak of ontvang (25)
Geen warm sjokolade / sop of enige ander kos mag in die kamers voorberei word of van kombuis na kamer geneem word nie (25)
Geen eetgerei, skottelgoed of breekware van eetsaal of kombuis uit lokale verwyder word nie, of na kamers geneem word nie (25)
VLAK 2
(Gereelde herhaling van vlak 1 – wangedrag waar dissiplinêre optrede deur opvoeder as ondoeltreffend beskou word)
Enkele voorbeelde van tipe 50 tot 99 punte wangedrag
Intimidasie / viktimisasie / disrespek (50)
Besit van ‘n mes (soos knipmes ens.) (50)
In personeelwoonstelle / kamers sonder toestemming (50)
VLAK 3
(Ernstige oortredings)
Tipe 100 tot 149 punte gedrag. Gereelde herhaling van vlak 1 en 2 – wangedrag wat lei tot die akkumulasie van punte tot 149 punte.
VLAK 4
(Baie ernstige oortredings) Gereelde herhaling van vlak 2 en 3 – wangedrag of: Enkele voorbeelde van die tipe 150 tot 199 punte gedrag
Opsetlike beskadiging van eindom – koshuis medeleerders ens. (150)
Diefstal van eige aard binne of buite die koshuis (150)
Detensie doelbewus ignoreer (150)
Seuns aan dogterskant en dogters aan seunskant / besoekers (150)
Gebruik of besit van tabak of verwante middels (sigarette, dwelms) (150)
Verlaat koshuisterrein sonder toestemming (150)
Loop in dorp en in die middag rond sonder toestemming (150)
Besit van vermoedelik gesteelde eiendom (150)
VLAK 5
(Herhaalde oortredings van vlakke 1 to 4 wat lei tot die akkumulasie van punte tot by 200 punte). Enige optrede / gedrag wat nie volgens komitee aanvaarbaar is nie en wat vir inwoners en personeel tot nadeel strek, kan lei tot dissiplinêre stappe.
VLAK 6
(Kriminele ootredings van strafreëls asook die siviele wet. Enkele voorbeelde van die tipe 200 punte gedrag:
Besit en / of gebruik van verbode middels bv. drank/ pornografie (200)
Besit van gevaarlike wapens (200)
Besit en / of gebruik van dwelms bv. Dagga (200)
Aanranding van inwoners, personeel, prefekte en besoekers (200)
Leerders wat hul skuldig maak aan ernstige seksuele wangedrag soos
betasting, seks, swangskap en seksuele molestering (SAPS se hulp en ouers
word onmiddelik ingeroep) (200)
Alle wangedrag sal op rekord gehou word en onder die aandag van die leerders sowel as sy ouers / voog gebring word. Die rekord sal as ‘n bewys dien in ‘n moontlike dissiplinêre verhoor.
Dissiplinêre stappe
Die stappe sal afhang van die kategorie van ootreding en mag die volgende insluit:
VLAK 1
Verbale waarskuwing deur die superintendent / huismoeder
VLAK 2
Enige vlak 1
– dissiplinêre optrede
– detensieklas
VLAK 3
Enige genoemde dissiplinêre optrede
Geskrewe waarskuwing en gesprek met ouers tesame met skoolhoof en superintendent
Detensie en gemeenskapsdiens vir leerlinge bo 14 jaar.
VLAK 4
Enige bogenoemde dissiplinêre aksies
Verskyning voor superintendent vir voorlopige ondersoek vir die hou van dissiplinêre verhoor, met die moontlikheid an die wegneem van ‘n
prefekbalkie.
VLAK 5
Dissiplinêre verhoor met ondermeer die vasstelling of hy/sy nog geskik is vir bewoning van die koshuis en met die moontlikheid van die wegneem van ‘n prekekbalkie en/of skorsing.
VLAK 6
Dissiplinêre verhoor met skorsing en uitsetting.
Dissiplinêre Prosedure
Daar is egter tye wanneer leerders slegs in koshuisverband optree / oortree en in skoolverband. Daar moet uitsluitsel gekry word wanneer dit ‘n koshuisaangeleentheid en ‘n skoolaangeleentheid is en wanneer altwee instansies verteenwoordig word. Dit is uiters belangrik by die straf wat opgelê moet word na skuldbevinding aan ‘n ootreding.
‘n Ootreding op koshuisterrein of onder toesig van koshuispersoneel, is ‘n koshuisaangeleentheid. Indien altwee instansies verteenwoordig word, kan elke instansie op sy eie meriete dissiplinêre stappe oorweeg en instel, of een
verhoor hou.
Die Proses:
In die proses van korrigering van onaanvaarbare gedrag, sal verskeie persone of departemente betrek word by die proses, naamlik:
Die superintendent
Die Skoolhoof van Sentrale Volkskool
Die Koshuiskomitee
Die Beheerliggaam
Die Onderwysdepartement (in geval van uitsetting)
Alvorens dissiplinêre aksie geneem kan word, moet ‘n voorlopige ondersoek gedoen word. Die doel van die voorondersoek is om vas te stel of daar genoegsame bewyse is, wat bepaal dat die ootreding dissiplinêr aangespreek moet word. Alles moet op skrif gestel word. Moontlike vrae wat beantwoord moet word is:
Weet die leerder dat sy/haar gedrag teenstrydig is met die reëls,
beleid,
regulasies en prosedures?
Was die oortreding ernstig genoeg om ‘n dissiplinêre ondersoek te regverdig?
Wat was die doel van die persoon se gedrag (wat sou hy/sy daarmee bereik het)?
Watter spesifieke reël / regulasie is verbreek?
Wat is die impak van die wangedrag op die koshuis / missie?
Indien al die bogenoemde vrae op so ‘n manier beantwoord kan word, dat dit genoegsame gronde gee ten opsigte van die negatiewe invloed van die gedrag van die persoon op die koshuisomgewing kan die saak verwys word vir die dissiplinêre ondersoek. Die voorlopige ondersoek moet gehou word deur die superintendent. Indien daar getuies is, moet hul getuienisse op skrif verkry word. ‘n Volledige skriftelike verslag moet dan aan die prinsipaal voorgelê word vir besluitneming. Slegs die prinsipaal mag dissiplinêre aksies teen ‘n leerder instel en alleenlik indien daar genoegsame feite tot sy/haar beskikking gestel is, wat dui op ‘n ernstige ootreding. Alleenlik op advise van die prinsipaal sal die beheerliggaam die Dissiplinêre komitee in die lewe roep om die aantygings teen die persoon te ondersoek.
Die dissiplinêre komitee bestaan uit 3 (drie) persone, nl: (1) Voorsitter, (2) Lid van die Beheerliggaam, (3) Koshuiskomiteelid. Die Voorsitter moet ‘n ouers wees en/of lid van die beheerliggaam. Dit word verkies dat een lid van die komitee oor regskennis beskik om billikheidsredes. Die twee (2) oorblywende lede mag nie die prinsipaal of ‘n leerder wees nie. Die komitee mag nie intimiderend wees vir die leerder nie. Geen persoon wat enigsins persoonlike kennis van die saak het, mag aangestel word tot die komitee nie.
Die Beheerliggaam kan enige persoon soos bedoel in Art 23(6) of 30 (1)(b) van die Skolewet 84/1996 koöpteer vir enige dissiplinêre optrede. Alle leerders wat aangekla word van teenstrydige gedrag en ten opsigte van die gedragskode, sal die reg hê tot ‘n regverdige, onpartydige en nie
intimiderende verhoor waar alle klagtes jeens hom/haar aangehoor sal word.
‘N PERSOON IS NIE SKULDIG ALVORENS HY/SY SKULDIG BEWYS IS NIE.
Sodra die prinsipaal gegewe uit die feite voorgelê aan hom/haar besluit om die klag teen die persoon te ondersoek, moet ‘n kennisgewing voltooi word en skriftelik aan die beskuldigde gegee word, wat aan hom/haar die volgende aandui:
datum van ootreding
plek van oortreding
aard van ootreding
plek van verhoor
regte van die persoon in terme van die verhoor (reg tot regsverteenwoordiging)
Die kennisgewing moet deur die beheerliggaam aan die persoon oorgedra word. Hierdie kennisgewing moet 5 (vyf) skooldae voor die verhoor aan die aangeklaagde persoon oorgedra word. Teken vir ontvangs van sodanige kennisgewing.
Die aangeklaagde persoon moet vergesel word van ‘n verteenwoordiger. ‘n Leerder moet vergesel wees van sy ouers of ‘n regsverteenwoordiger het of nie. Die rol van die verteenwoordiger is om die saak van die aangeklaagde voorop te stel en namens die aangeklaagde persoon te hanteer.
In sekere gevalle waar die leerders baie klein is, kan van tussengangers gebruik word tydens ‘n verhoor. Tydens die verhoor sal al die nodige bewyse/getuies jeens die aangeklagde persoon ondersoek word. Die voorsitter van die dissiplinêre komitee sal notas neem of laat n eem en die stappe volg soos aangedui:
Lees die klagte voor van die aangeklaagde
Stel al die partye aan mekaar voor, dit sluit in: al die getuies met hul ouers, aangeklaagde
en dissiplinêre komiteelede, verduidelik hul rolle en laat die register teken.
Maak seker dat die aangeklaagde die klag verstaan en dat hy/sy ‘n verteenwoordiger van
sy/haar eie keuse het. Indien die persoon nie ‘n verteenwoordiger wil hê nie, moet ‘n
nota op rekord geplaas en daarbenewens geteken word.
Daar moet ook vasgestel word of die persoon genoegsame kennis oor die verhoor gekry
het of hy/sy genoeg tyd gehad het om voor te berei.
Indien daar nie genoegsame tyd vir voorbereiding was nie, moet die voorsitter liefs die
saak uistel vir 24 uur en ‘n verdere kennisgewing in die verband uitreik.
Alvorens die aangeklaagde sy/haar saak stel moet die getuies (vergesel van hul ouers)
die verhoor verlaat.
Die voorsitter moet eers vasstel hoe die aangeklaagde op die klag reageer en dit moet
genotuleer word. Al pleit die aangeklaagde skuldig op die klag moet alle partye nog hul
saak stel.
Die aanklaer kry eerste die beurt om sy/haar saak te stel. Daarna kan die aangeklaagde
daarop reageer en vrae stel. (Alle vrae moet relevant wees).
Albei partye se getuienis moet geroep en aangehoor word. In albei gevalle kan die ander
party die geuienis ondervra.
Alvorens die voorsitter besluit of die aangeklaagde skuldig of onskuldig is, moet die
getuies die verhoor verlaat en moet die aanklaer asook die aangklaagde die geleentheid
gegee word om hul finale stelling te maak.
Die komitee moe besluit in terme van die beskikbare feite of die aangeklaagde person
skuldig is. As daar enige twyfel is, moet die aangeklaagde die voordeel van die twyfel
gegee word.
Die aangeklaagde het die geleentheid voordat die sanksie uitgespreek word, om die
komitee te vergewis van enige versagtende omstandighede wat inaggeneem moet word.
GEDRAGSKODE GOEDGEKEUR
Voorsitter: ____________________ Ondervoorsitter: ________________________
Sekretaris: ____________________ Datum: _____________________________
SKORSINGSOOREENKOMS
Ek _________________________________ leerder van __________________________ en koshuisganger van Sentrale Volkskool, stem ooreen met
die straf _________________________________________________________ wat my opgelê is. Ek onderneem om nie weer so op te tree nie en indien ek dit weer sou doen, staan ek die kans om uit die koshuis uitgesit te word.
Leerder se Handtekening: __________________ Datum: ___________________
Ek word bygestaan deur my ouer / voog : Mnr/Mev ______________________________
Adres: ____________________________________________________________
Ons as ouer / voog Mnr/Mev ________________________________________________ onderneem om toe te sien dat bogenoemde leerder die straf sal uitdien.
Onderteken te ________________________ op ____________________________20_________
Handtekening van ouer/voog: _______________________________
Handtekening van Skoolhoof: _______________________________
Die Distriksdirekteur sal binne veertien (14) dae na ontvangs van appél ‘n verhoor hou.
Die besluit van die Distriksdirekteur ten opsigte van die appél is finaal en bindend
NUWE KOSHUISLEERDERS
BEDDEGOED
Paslaken, duvet, Kussing en sloop.
Vir winter, Komberse
Opsioneel warmwatersak en bedmatjie
Winterslaken of kombers op matras in winter
TOILETWARE
Handdoek, Waslap / Sponsie, Seep/Showergel, Sjampoe, Opknapper (opsioneel),
Kam/Borsel, Tandeborsel, T
andepasta, Handeroom, Lyfsproei (opsioneel)
KLERE
Pajamas en Pantoffels
Winter: ekstra warm top om oor pajamas aan te trek
Skoolklere en skoolskoene (soos voorgeskryf deur die skool vir seisoen), tekkies en plakkies
Politoer en borsel om skoene skoon te maak
Speelklere by koshuis bv. 4 hemde en broeke, sweetpakke vir winter
Sportdrag vir sport (buitemuurs)
WASGOEDSAK EN VUILKLERE
Tas of grootsak om alles in te pak wat Vrydae huit toe gaan.
LEKKERNYE
“Tuck” of eetgoed bv. lekkers, chips, gesondheidstaffies ens. genoeg vir 4 dae kan in die kas gehou word in ‘n digte houer. Bederfbare eetgoed kan in houer met naam op in die kombuis se yskas gebêre word
SAKGELD
R20 PER WEEK – NIE ‘N MOET NIE
Kan in ‘n beursie of geldsakkie by kantoor ingegee word of by hom/haar in kas gehou word. Kas moet gesluit wees as geld in kas gehou word
‘n Snoepie is beskikbaar by die koshuis
SLOT
Aan kas = sleutel om nek
1 sleutel in kantoor (spaar) en 1 sleutel by ouer, of Kombinasieslot met druknommers
VERVOER
Vrydaemiddae na skool, dan moet elke ouer sy kind self by hul betrokke skool oplaai
TOEBROODJIES
(Laerskoolleerders maak by ontbyt hul toebroodjie). Toebroodjie word elke dag voorsien vir skoolpouse behalwe Maandae
MEDIKASIE
Wanneer kind siek is, word medikasie by matrones ingehandig om na etes te gee of soos voorgeskryf. ALLE medikasie moet ingehandig word of dit voorgeskrewe, homopaties of aanvullings is, GEEN medikasie mag by ‘n leerder in sy kas gehou word nie
Verklaring en onderneming van ouer /voog / pleegouer:
Ek, die ondergetekende ouer / voog / pleegouer van bogemelde kind, verklaar hiermee dat die inligting, soos verstrek, na my wete korrek is, en onderneem om;
indien hierdie aansoek slaag en my kind nie van die huisvesting gebruik maak nie, aanspreeklikheid vir die volle losiesgelde vir een skoolkwartaal te aanvaar, tensy die komitee wat algemene toesig oor die koshuis uitoefen, anders besluit;
as hierdie aansoek slaag en my kind vanaf ‘n later datum as die in paragraaf vyf (5) hierbo gemeld, van die huisvesting gebruik maak, aanspreeklikheid te aanvaar vir die volle losiesgelde vanaf die datum in paragraaf 5 gemeld, tensy genoemde komitee anders besluit;
minstens ‘n skoolkwartaal vooruit skriftelik kennis te gee van die voorneme om my kind weg te neem, behalwe in gevalle waar die komitee korter kennisgewing aanvaar het en, indien ek nie hieraan voldoen nie, aanspreeklikheid te aanvaar vir die losiesgelde van die kind tot aan die einde van die skoolkwartaal ten opsigte waarvan kennis gegee moet word;
die betaalbare losiesgelde, moet onmiddelik betaal word op die dag van toelating en daarna op die 1ste dag van elke kwartaal. Reël – ‘You don’t pay, you don’t stay’ geld.
My aan die gedragskode en huishoudelike reëls van die skool/koshuis te onderwerp.
Die departement / koshuis aanvaar nie aanspreeklikheid vir enige verlies of beskadiging van persoonlike besittings van losseerders nie, hoe dit ook al veroorsaak word. Ouers word ten sterkste aangeraai om die besittings van hul kinders teen brand, diefstal, ens. te verseker.
Ek onderwerp my aan die Gedragskode van die Skool en Koshuis asook alle reëls van beide instansies. Die superintendent tree op in loco parentis vir alle leerders in die koshuis en word gemagtig om as sodanig op te tree as my gevolmagtigde in alle nood – , mediese en ander gevalle.
_______________________________________ _______________
LEERLING DATUM
_________________________________________ ________________
HANDTEKENING OUER/VOOG/PLEEGOUER DATUM