SBO Personeel
Hierdie is ons studentespan. Dankie vir elkeen van jul se positiewe gesindheid jeens die onderwys.
Dankie ook vir elkeen van jul se bydrae by buitemuurse aktiwiteite, fondsinsamelings, sport en kultuur.
Sterkte met die eksamen en volgende jaar se studies. Ons waardeer elkeen van julle.
Mej. W Botes Mnr. M Aucamp
Mej. S Daffue Mnr. D Dreyer
Mnr. J Fivaz Mej. L Geldenhuys
Mej. L Jacobs Mnr. W Vergottini
Mej. E Visser Mej. L Loggenberg
Mej. E Grobbelaar
Rekenaartegnologie
Sentrale Volkskool beskik oor ± 30 rekenaars in die Rekenaarsentrum. Opvoedkundige speletjies word met die graad 1 – 3 leerders gespeel en die graad 4 – 7 leerders doen Lees- en Wiskunde-programme. Leerders maak gebruik van Lees – en Wiskunde-programme in die eerste kwartaal. As gevolg van die Pandemie het geen leerder in die sentrum gewerk nie.
Redenaars
Senties se redenaars is ons trots. Hierdie jaar is ons gekortwiek deur COVID-19, maar ons is nie stilgemaak nie. Ons leerders neem jaarliks deel aan ATKV Redenaars en Radikale Redenaars.
ATKV Redenaars
Die volgende leerders het aan die interne kompetisie deelgeneem en gekwalifiseer vir die Streeksuitdunne. Graad 1 –3
Christiaan Botha
Wian Els
Philip Geldenhuys
Jana Geldenhuys
Graad 4 en 5
Chlöe Els
Andi Greyling
Carli Erasmus
Carli Serfontein
Graad 6 en 7
Johanné Jonker
Delinda Serfontein
Zanro van Rensburg
Shaun Morgan
Digipraat ATKV
Leerders kon buite skoolverband deelneem aan die nuwe platform van deelname van die ATKV. Dit het per video geskied.
Kaylie Steyl verwerf ‘n A++ en
Zanro van Rensburg A+
Radikale Redenaars
Leerders kon nog steeds buite skoolverband aan Radikale Redenaars deelneem deur middel van die instuur van ‘n video-opname van hul item. Die volgende simbole is toegeken:
Graad 1
Delé Collins A Redenaars Moedertaal
Graad 2
Philip Geldenhuys A+ Redenaars Moedertaal
Wian Els A+ Redenaars Moedertaal en Prosa: Lees
Graad 3
E’Lizé van Wyngaard A Redenaars Moedertaal
Jana Geldenhuys A+ Redenaars Moedertaal en Prosa: Lees
Graad 4
Andi Greyling A+ Redenaars Moedertaal
Chlöe Els A+ Redenaars Moedertaal en Prosa: Leer
Minke Steyl A Redenaars Afrikaans Addissionele Taal
Graad 5
Marco van Niekerk A Redenaars Eksperimenteel individueel en Prosa: Lees
Graad 6
Delinda Serfontein A Redenaars Moedertaal en Prosa: Lees
Kaylie Steyl A Lees: Prosa
Kaylie Steyl A+ Redenaars Afrikaans Addissionele Taal
Zanro van Rensburg A Redenaars Moedertaal
Graad 7
Shaun Morgan A+ Redenaars Moedertaal
Radikale Redenaars Nasionaal (buite skoolverband)
Nadat ‘n onafhanklike paneel beoordelaars die video’s beoordeel het, is die volgende Senties aangewys as wenners op Nasionale vlak.
Eerste Plek
Graad 2 Wian Els Lees: Prosa
Graad 3 Jana Geldenhuys Lees: Prosa
Graad 4 Chlöe Els Lees: Prosa
Derde Plek
Graad 4 Andi Greyling Redenaars Afrikaans Moedertaal
Graad 6 Kaylie Steyl Redenaars Afrikaans Addissionele Taal
Sewende Plek
Graad 5 Marco van Niekerk Redenaars Eksperimenteel Individueel
Graad 7 Shaun Morgan Redenaars Moedertaal
Conquesta Olimpiade
Ons Grondslagfase sowel as die Intermediêre fase neem hierdie jaar weer deel aan die Conquesta Internasionale Olimpiade. Die Olimpiade is gedurende September afgelê. Ons skool behaal uitstekende resultate en is onder die top 20 skole in Suid-Afrika. 2020 se uitslae lyk soos volg:
Junior Primêr:
Lewensvaardighede Persoonlike Ontwikkeling (Goud)
Afrikaans (Platinum)
Wiskunde (Diamant)
Lewensvaardighede: Skeppende Kuns (Goud)
Senior Primêr:
English Additional Language (Silwer)
Afrikaans (Silwer)
Wiskunde (Koper)
Algemene Kennis (Koper)
Bybelkennis (Silwer)
Die top 20 uitslae vir 2020 word eers in Januarie 2021 bekendgemaak.
Remediërende onderrig
Tans is daar 32 leerders wat gespesialiseerde onderrig ontvang. Individuele onderrig aan die leerders met spesifieke leerprobleme in Lees, Spel en Wiskunde blyk steeds van groot waarde te wees. Vordering geskied na wense, maar leerders word aangemoedig om daagliks ‘n stukkie uit ‘n storieboek van hulle keuse te lees. Lees kan slegs verbeter as jy elke dag aandag daaraan gee. Lees met begrip is ook baie belangrik. Rekenaaronderrig met lees, klanke en Wiskundeprogramme word ook gebruik om probleemgebiede aan te spreek. Daar word ook gekyk hoe elke kind in ‘n klassituasie reageer, want in ‘n groep reageer kinders soms verskillend as met een -tot- een onderrig.
Didaktiese klasse
Hierdie klasse word na skool aangebied vir leerlinge wat spesifieke leerprobleme in die klas ondervind. Dit is ekstra hulp aan leerlinge wat nie by R.O. inskakel nie. Hierdie hulp is gratis en word in die middae na skool aangebied. Hier word aandag gegee aan dele van die werk waarmee die leerders sukkel. Daar is tans 16 personeellede betrokke by hierdie onderrig. Die leerlinge ontvang meestal onderrig/hulpverlening in Afrikaans en Wiskunde. Deur didakties bied ons dus nog hulp aan ‘n verdere 140 leerlinge in die skool. Die belangrikste is dat die leerders self die verantwoordelikheid moet neem om by hierdie klasse uit te kom indien hulle met n sekere afdeling van die werk sukkel.
Spraak en Drama
Ongeveer 59 leerlinge is in Januarie vir die Spraak- en Dramaklasse ingeskryf. Ses onderwyseresse is by die afrigting van die klasse betrokke: Mev. Karen Crause (Gr. 1-2), Mev. Riëtte Dykman (Gr. 2-3), Mev. El-May Heyns (Gr. 4), Mev. Elise Wessels (Gr. 5), Mev. Antoinette de Crescenzo (Gr. 6) en Mev. Dene Els (Gr.7). Daar is met groot entoesiasme weggespring, maar ongelukkig moes die lesse as gevolg van die COVID-19-pandemie staak. Die pandemie het ook daartoe aanleiding gegee dat die Kroonstad Eisteddfod afgestel is en so ook ons jaarlikse SA Spraak- en Drama Kollege eksamens. Ons sien uit daarna om nuwe hoogtes in 2021 te bereik!
Opsaal Koshuis
Opsaal Koshuis vorm ‘n belangrike verlengstuk van die Christelike opvoeding wat u kind by Sentrale Volkskool ontvang. Dissipline vorm een van die belangrikste pilare van die koshuislewe. Kinders kan hulself ten volle uitleef in die geborge omgewing wat die koshuis bied. Die koshuislewe bied ook baie voordele t.o.v. die persoonlikheidsontwikkeling van die kind.
Baie dankie ook aan elke ouer en personeellid van Opsaal Koshuis wat altyd bereid is om ons te help. ‘n Groot dankie aan al die ouers wat hul kinders aan ons toevertrou om van Opsaal Koshuis hul tweede tuiste te maak. Opsaal Koshuis het ook verskeie uitdagings gehad a.g.v. Covid-19. Personeel het ingespring en korrekte prosedures is in plek gestel om by die Covid-regulasies te hou. Kinders se veiligheid en gesondheid is ons eerste prioriteit. Die koshuis bedank almal wat hiertoe bygedra het.
Broodjieprojek 2020
Sentrale Volkskool het gedurende die grendeltyd verskeie inisiatiewe geneem om geleenthede vir die gemeenskap te skep om na Sentrale Volkskool se behoeftige gesinne uit te reik. Die gemeenskap sowel as nabye buurdorpe het ‘n sleutelrol hierin gespeel. Kontantbydraes, mieliemeel, aartappels, brood, vleis, suiker, melk en ander benodigdhede is geskenk. Dit het groot vreugde vir baie gesinne gebring.
Die Broodjieprojek 2020 kon hierdie jaar ook voortgaan te danke aan elke omgee-ouer en maatskappy wat dit ondersteun het. Dit was ‘n groot sukses ten spyte van die uitdagings wat die pandemie ingehou het.
Finansies
2020 was voorwaar ‘n jaar vol uitdagings op vele terreine, nog te meer so op finansiële gebied. Te midde van ons ouers wat finansieel swaargekry het en nie altyd kon betaal soos voorheen nie, is ons skool nogtans so geseën deurdat ons steeds al ons onderwysers kon betaal en steeds oorleef het. Die skool het betalings vanaf TERS en die departement gekry wat baie gehelp het, asook ouers wat steeds aanhou skoolgeld betaal het, ongeag die baie onderbrekings gedurende die skooljaar. ‘n Groot dankie aan elkeen van julle. Ons vertrou dat 2021 net beter sal wees.
Snoepie
Die snoepie van Sentieland het 2020, soos elke nuwe jaar met groot verwagting aangepak. Heerlike vars, tuisgebakte produkte is elke dag gelewer en ons rakke het gekreun onder snoepgoed te kies en te keur na elkeen se smaak. Voorafbestellings kan op ons snoepiegroep gemaak word en ‘n koeponstelsel is in werking gestel om die hantering van kontant te verminder. Dit is vir seker die moeite werd om gereeld ‘n besoek aan Sentielandsnoepie te bring. Aan elke lojale Sentie, wat onder vreemde en moeilike omstandigdhede, steeds getrou die snoepie ondersteun het en sò by gedra het om die diens te kon lewer… ‘n GROOT DANKIE.
Oompie Kedoompie
Oompie Kedoompie is Sentrale Volkskool se “voedingsbron” en funksioneer op vele gebiede in oorleg met die skool. Onderleiding van Juf Maronelle en haar jonspan personeellede het die skool baie gegroei hierdie jaar. Aanvanklik het ons gedink dat ons moes poste sny maar hierdie dames het ander planne gehad. Hulle is baie afhanklik van fondsinsamelings en het ‘n baie suksesvolle jaar op die gebied gehad. Dankie aan elke borg, sowel as aan elke ouer wat ons hande sterk gemaak het. Ons het die volgende fondsinsamelings gehad die jaar:
Fietsiedag Tuinveiling Koekieprojek “Crazy day”
Rooiboklyste Skaaplootjies “Cowboy July”
Ons wil ook vir elke ouer baie dankie sê vir al u ondersteuning en positiewe gesindheid jeens die skool.
Dankie aan Martinette Hanekom vir haar bydrae tydens haar termyn by Oompie Kedoompie.
Die getal kleuters staan tans op 103. Daar is 3 graad R klasse en 2 junior klasse,
Die personeelkorps sluit in:
Hasies: Mev. Aletta Engels Meerkatjies: Mev. Yolandé Schoeman.
Olifante: Mej. Molien Venter Leeus: Mej. Maronél Vorster.
Cheetahs: Mej. Sonja Coetzee Nasorg: Mej. Maronél Vorster en Mej. Sonja Coetzee.
Broodjies: Mev. Elize Prinsloo Werkers: Martha Mokoena en Lucy Motaung.
Graad 1 Kuierdag
COVID-19 het baie negatiewe gevolge gehad, maar uit alles wat sleg is kom ook iets goed. Ons moes leer om kreatief te dink en te beplan. In plaas van ons gewone opedae, het ons tegnologie ingespan. Koeverte met alle inligting van ons skool is deurgegee, byvoorbeeld die prospektus, interessante Wiskunde en Afrikaanse wenke, asook grootmotoriese vaardighede. Inkleurboekies, kryte, geskenkies en eetgoed was beslis ook deel daarvan. Ons kon deur middel van vraelyste alle adresse van belangstellendes bekom. Ons onderwysers het dit persoonlik gaan afgee.
Landloop
Na die atletiekseisoen het die landloopatlete baie uitgesien na hierdie jaar se landloopligas in Riebeeckstad. Weens die grendeltyd het die landloopligas nie plaasgevind nie. Ons glo dat daar volgende jaar weer ‘n landloopliga gaan wees waar die atlete puik gaan presteer.
Atletiek
Ons jaarlikse Kleuratletiek vroeg in Januarie was ‘n groot sukses. Goeie prestasies is alreeds daar deur ons atlete behaal. Senties se atlete het deur die jaar ook aan die Fonteine – en Fichartpark Prestigebyeenkomste deelgeneem . Ons bied ook ons eerste Super 4 byeenkoms aan. Hier behaal ons 6 eerste plekke, 19 tweede plekke en 13 derde plekke. Anè Crous en Thomas Haywood word aangewys as beste seuns- en dogters baanatlete tydens die byeenkoms. Ons atlete het gewys dat hulle reg is vir ‘n goeie seisoen met die goeie prestasies tydens die uitnodigings- byeenkomste.
Tydens die Sateliet 10/12 byeenkoms het 78 atlete deelgeneem en uitstekend presteer. Daar is 50 eerste plekke, 18 tweede plekke, 21 derde plekke en 8 vierde plekke behaal.
Tydens die Kroon Atletiekbyeenkoms kwalifiseer 42 atlete om deel te neem aan die Noord – Vrystaat byeenkoms op Sasolburg.
Gedurende die Noord-Vrystaatkampioenskappe in Sasolburg, behaal ons atlete 8 plekke.
Ons verower 8 medaljes: 2 goue medaljes, 1 silwer medalje en 5 brons medaljes.
Na afloop van die byeenkoms is 15 atlete opgeneem in die Noord -Vrystaat Atletiekspan wat aan die Vrystaat kampioenskappe in Bloemfontein deelgeneem het.
Hierdie atlete is:
Dogters: Micke-Dunay le Roux (70m H), Kaylie Steyl (70m H en 150m H), Megan Edwards (Hoogspring), Anè Crous (I00m, 150m en NVS Aflos), Johannè Jonker (Skyfwerp), Elizabeth Venter
(Hoogspring), Simonnè Janse van Rensburg ( Spiesgooi), Nadia Campher (75m H)
Seuns: Thomas Haywood (70m H), Vernon Vlok ( 70m H), Ivan de Bruyn (Verspring), Henro Jacobs (80m H), Schalk Jonker (Spiesgooi), Danie Fourie (Skyfwerp) en Stefan Esterhuizen (Hoogspring). Baie geluk aan Anè Crous en Johannè Jonker wat medaljes verower tydens die byeenkoms en sodoende gekwalifiseer het om aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe te gaan deelneem.
Anè wen die 150m vir D/12 ( goue medalje) en behaal ‘n 2de plek in die 100m (silwer medalje). Johannè behaal ‘n 2de plek in Skyfwerp D/12 (silwer medalje). Baie geluk aan hierdie dogters met die uitsonderlike prestasies. Dit is merkwaardig om te vermeld dat Anè Crous (100m en 150m) en Thomas Haywood (80m) gekies is om aan die ASA Primêre Skole Atletiekkampioenskappe te gaan deelneem. Hulle is na die kampioenskappe genooi omdat hulle reeds SA kwalifiserende tye gehardloop het in hulle onderskeie items.
Ongelukkig kon die Suid-Afrikaanse kampioenskappe en die ASA Nasionale kampioenskappe nie plaasvind nie a.g.v. die COVID-19 pandemie. Ons atlete het vanjaar goeie prestasies gelewer en ook goeie vordering getoon waarop hulle volgende jaar kan voortbou. ‘n Opregte woord van dank aan elke onderwyser en ouer wat ure opgeoffer het om ons atlete af te rig en na byeenkomste te vergesel. Julle is baie kosbaar en spesiaal!
Aan ons Hemelse Vader al die lof en eer.
Netbal
Die 2020 netbalseisoen het op ‘n hoogtepunt afgeskop met die 0/12 en 0/13 netbalspanne wat tydens die Odensia Aandreeks deurgedring het na die onderskeie finales. Ongelukkig is die finale a.g.v COVID-19 regulasies gekanselleer en kon ons dogters nie verder deelneem nie.
In die eerste kwartaal het die personeel ‘n skeidsregterskursus bygewoon en ons kan met trots sê dat 10 van ons dames met Provinsiale graderings spog. Op 2 en 3 November het ons afrigters en leerders ‘n kursus bygewoon wat deur Erin Burger en Anchen Nel aangebied is. Baie nuwe vaardighede en oefeninge is aangeleer. Ons sien met groot opgewondenheid uit na die 2021 seisoen.
Rugby
Sentrale Volkskool het ‘n vreemde jaar beleef met die rugby by die skool. Ons het 2 spanne per onderdomsgroep wat deelgeneem het, o/7 – o/13. Ons het ook 2 afrigters per span gehad. Senties het aan die Odensia Aandreeks deelgeneem waar ons net 1 wedstryd met die o/13 span gespeel en dit gewen het. Daar is proewe gehou vir Griffonsspanne en daar is 4 seuns in die eerste rondte by o/13, en 3 seuns by o/12 Griffonsspanne ingesluit. As gevolg van die Pandemie het alles tot stilstand gekom en ons het nie eers die ligawedstryde begin nie. ‘n Jaar wat ons nooit sal vergeet nie.
Hokkie
Weens COVID-19 was ons hokkie-seisoen baie beperk. Ons skool het proewe gehou vir spelers om deel te neem aan die Lejweleputswaproewe, van ons spelers het deurgedring na die NVS-proewe, maar geen spanne is gekies nie.
Krieket
Wat blyk te gewees het ‘n belowende krieketseisoen vir Senties se krieketsterre, was die wenner ‘n span genaamd COVID-19. As gevolg van die Coronavirus is geen bal geboul in 2020 nie en sien Senties geweldig uit na die 2021 seisoen.
Tennis
Aangesien die jaar gekenmerk is deur inperking a.g.v. COVID-19, het die leerders wat gekies is vir die Fezile Dabi-Suid tennisspan, aan geen verdere kompetisies deelgeneem nie. Die volgende leerders is gekies vir die span na afloop van die tennisproewe:
Dogters O/10: Micke-Dunay le Roux (nr. 2), Tess Samuels (nr. 4), Carli Serfontein (nr. 6),
Mienke Steyl (reserwe)
Seuns O/10: Andi Greyling (nr. 4)
Dogters O/12: Lezani Engelbrecht (nr. 2), Kaylie Steyl (nr. 4)
Dogters O/14: Miné Naudé (nr. 5)
Seuns O/14: SP Kruger (nr. 5), Rigard van Zyl (reserwe)
Jukskei
A.g.v. die COVID-19 pandemie het die Jukskei-liga nie in 2020 plaasgevind nie, maar die Senties het as volg presteer tydens die SA Juniorkampioenskappe in Desember 2019.
Die volgende kinders is vir ‘n NVS-span gekies:
0/13 NVS A-seuns Elitespan
Rigard van Zyl (K)
Wian la Cock
Adriaan Terblanche
Franco Norval
Markus Fourie
Bogenoemde span speel ook ‘n Vrystaat provinsiale wedstryd teen Wes-Kaap en stap weg as die medalje- wenners.
0/10 Laerskole-week span
Jano Jacobs
Evandré Labuschagne
Swem
Vanjaar het ons swemmers baie goed gevaar. Noord-Vrystaat het in Sasolburg plaasgevind en ses leerlinge het gaan deelneem aan die Vrystaat kampioenskappe. Wilona Erasmus het ‘n derde plek gekry, Ruan Jacobs ‘n derde plek en Shaun Morgan het skitterend presteer met twee derde plekke, een tweede plek en twee eerste plekke. Na afloop van die kampioenskappe was Shaun algeheel tweede in die seuns onder 13 ouderdomsgroep.
Playball:
Playball het dié jaar op ‘n hoë noot begin. Beplanning was om die franchise oor te dra na ‘n nuwe eienaar, maar toe kom klop COVID-19 by ons almal aan en alles het in ‘n handomkeer verander. Die negatiewe hieraan verbonde was om getroue werkers en assisstente se diens te beëindig. Omstandighede het ons genoop om Playball met behulp van ZOOM-lesse aan te bied. Dit was ‘n verligting toe Mnr Welthagen die aankondiging maak dat die skool heropen en dit was duidelik dat die kinders uitgehonger was vir die pret-aspekte van Playball.
Playball neem leiding met kleuter-bewegingsontwikkeling in Suid Afrika en bevorder funksionaliteit, lê ‘n grondslag vir sportdeelname en help kinders ‘n opvoedkundige omgewing baasraak. Playball speel ook ‘n sleutelrol in breinontwikkeling en berei kinders voor vir die lewe. Al is die onsekerheid van die toekoms baie onvoorspelbaar, hoop ek om in 2021 weer al die Playball-kinders te ontvang.
Groete Bernice Deyzel.
Playball-groete
Bernice Deyzel 0768377167