Die skaakliga het in Mei afgeskop en het tot Augustus aangehou. ‘n A- en –B skaakspan was gekies om Sentrale Volkskool in die Lejweleputswa skaakliga te verteenwoordig. Elke span het bestaan uit ses leerders met een reserwe. Hierdie jaar het ons teen die volgende skole gespeel: St Dominic’s, Hoërskool Sandveld, Hoërskool Hoopstad en Laerskool Bedelia. Die A- en -B skaakspanne het beide in ‘n welverdiende derde plek in sirkel 1 geëindig. Baie geluk aan al die skaakligaspelers met die puik prestasie! Na ‘n suksesvolle skaakseisoen en getroue bywoning van oefeninge reg deur die jaar sien ons uit na volgende jaar se skaakliga.