Ongeveer 59 leerlinge is in Januarie vir die Spraak- en Dramaklasse ingeskryf. Ses onderwyseresse is by die afrigting van die klasse betrokke: Mev. Karen Crause (Gr. 1-2), Mev. Riëtte Dykman (Gr. 2-3), Mev. El-May Heyns (Gr. 4), Mev. Elise Wessels (Gr. 5), Mev. Antoinette de Crescenzo (Gr. 6) en Mev. Dene Els (Gr.7). Daar is met groot entoesiasme weggespring, maar ongelukkig moes die lesse as gevolg van die COVID-19-pandemie staak. Die pandemie het ook daartoe aanleiding gegee dat die Kroonstad Eisteddfod afgestel is en so ook ons jaarlikse SA Spraak- en Drama Kollege eksamens. Ons sien uit daarna om nuwe hoogtes in 2021 te bereik!